Nou op lug

Molly en Wors

Die tweede seisoen van hierdie skreeusnaakse en uiters gewilde sitkom waarin Lizz saam met onder meer Willie Esterhuizen te siene is, word huidiglik op Kyknet uitgesaai. Vrydae om 20h00. Met verskeie herhalings deur die week.



Boeke en DVD

Die Beste van Bizzie Lizzie

Die nuutste publikasie uit Lizz Meiring se pen, het pas verskyn. In hierdie heerlike boek, is 62 van haar Bizzie Lizzie rubrieke wat maandeliks in Rooi Rose tydskrif verskyn, vervat.


Elke ander duim 'n dame - DVD

Hierdie - waarskynlik Lizz se gewildste eenvrou-vertoning - is op DVD beskikbaar.


Lizz se Speel Goed

Verskeie van Lizz se verhoogtekste is onlangs gepubliseer en is in boekvorm beskikbaar.